Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307532 | Published: November 30, 2017 | Paperback

El negro en ek

El negro en ek

Regular price R 100
Regular price R 310 Sale price R 100
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar 'n opgestopte “Kalahari-Boesman”, slegs bekend as El Negro, uitgestal word. Sy indrukke bly hom by - en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, dié keer in 'n Franse koerant, is dit die begin van 'n ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring. Wie was hierdie naamlose man? Wat sê sy opgestopte “museumteenwoordigheid” oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme - en bied hy slegs 'n spieël op 'n vergange tyd, of ook op die hede?

OOR DIE OUTEUR
Frank Westerman (gebore 1964) was aanvanklik 'n buitelandse korrespondent vir die Nederlandse de Volkskrant en NRC Handelsblad voordat hy sy deurbraak as skrywer gemaak het. El negro en ik is in 2004 met die Vlaamse Gouden Uil Literatuurprijs bekroon terwyl Ararat (2007) genomineer is vir die eerste Ryszard Kapuscinski-prys, Pole se toptoekenning vir literêre verslaggewing. Met meer as veertig vertaalde titels in sestien tale, kan Westerman met reg as een van Nederland se suksesvolste outeurs in die buiteland beskou word.

View full details