ISBN: 9781485307631 | Published: May 1, 2017 |
Die Hobbit
Die Hobbit
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in 'n samesweerdery om die dwerge se verlore skate terug te steel by Smaug die Vreeslike: 'n reusagtige en baie gevaarlike draak ...
Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasie verhale ter wêreld en word met reg as 'n klassieke werk beskou.
''n Knap geskrewe sage oor dwerge en elwe, vreesaanjaende aardgeeste en trolle.' Observer
''n Foutlose meesterstuk.' The Times
OOR DIE OUTEUR
J.R.R. Tolkien is in 1892 in Suid-Afrika gebore. Nadat hy as luitenant in die EersteWêreldoorlog gedien het, het hy hom as akademikus onderskei en word gereken as een van die beste letterkundiges in die wêreld. Hy het verskeie professorate beklee en is talle kere bekroon. Hy is in 1973 oorlede.
The Hobbit, professor Tolkien se debuutwerk, is die eerste deel van die verhaal wat in die drie volumes van The Lord of the Rings hervat en voltooi word. In die 1930's het Tolkien die verhaal van The Hobbit aan sy kinders begin vertel - na publikasie was dit onmiddellik suksesvol. Die boek is wyd vertaal en was sedertdien nog nooit uit druk nie.
OOR DIE VERTALER
Janie Oosthuysen is 'n gerekende naam in Suid-Afrikaanse vertalerskringe en met meer as 300 publikasies agter haar naam ook skrywer in eie reg. Haar werk is al verskeie kere bekroon.
Author J.R.R. Tolkien
Share
