Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307662 | Published: June 2, 2020 | Paperback

Die verdriet van België

Die verdriet van België

Author:Hugo Claus
Regular price R 395
Regular price R 0 Sale price R 395
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die verdriet van België omvat die tydperk 1939-1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en 'n leerling aan 'n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Verwarring, hunkering en bedrog vorm sy jeugjare in die skoot van 'n kleurryke en verbysterende familie.

Die Vlaamse lewenswyse in hierdie historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in 'n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Dit is 'n komplekse en meesleurende roman.

Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

Author Hugo Claus

View full details