Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307907 | Published: October 17, 2017 |

Johanna

Johanna

Regular price R 220
Regular price R 0 Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Johanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in ’n tyd waar dit in die George waar sy grootword en meeste van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: Vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie.

Johanna is ’n aangrypende roman oor die impak van ’n lewe binne ’n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en ’n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer.

OOR DIE OUTEUR

Cas Wepener (1972) is sedert Julie 2010 aangestel as professor aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer van talle akademiese en populêre artikels, asook ’n boek Aan tafel met Jesus en ʼn bundel liturgiese voorstelle, Soos ’n blom na die son draai (2011). Sy bundel kortverhale Dubbelfoto het in 2000 by Protea Boekhuis verskyn en sy debuutroman Syferfontein in 2016. Syferfontein is vir die UJ prys vir skeppende skryfwerk genomineer.

Author Cas Wepener

View full details