ISBN: 9781485307976 | Published: July 1, 2017 |
Slot van die dag: Gedagtes
Slot van die dag: Gedagtes
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Slot van die dag: Gedagtes is die skrywer se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van 'n algemene aard, om 'n ryk geskakeerde beeld te verskaf van 'n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met 'n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit.
Dit is 'n baie persoonlike boek oor ouderdom, die skryfproses en selfbeskikking met kommentaar op oud word en wees, met inbegrip van praktiese wenke, en heelwat inligting oor die moontlike en waarskynlike einde van die lewe. Die element van afskeid en gelatenheid is deurlopend. Die ouderdom is teenswoordig die vernaamste onderwerp van sy oorpeinsing, en die vernaamste element in sy daagliks ervarings.
Die verwysings en aanhalings is treffend en spreek van iemand wat sy leeswêreld ook sy leefwêreld maak. Ten slotte verduidelik die skrywer sy bevrydende besluit oor selfdood.
Author Karel Schoeman
Share
