Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485308072 | Published: November 1, 2018 | Paperback

Swart Pelgrim

Swart Pelgrim

Regular price R 230
Regular price R 0 Sale price R 230
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

“Jy sal nie so wees nie, Kolisile? Wat is jy teen die groot stad van die witman? Jy is soos die gryskat wat baklei met die tier. Die groot plek van die witman vang jou en hy slaan jou neer. Waar is al die ander wat hier was? Waar is hulle wat saam met jou klein was, Kolisile? Waar is hulle? Hulle is weg. En dié wat terugkom, het seergekry, soos die boom wat die hael geslaan het. Ek is oud, ek weet. Ek kyk en ek sien, Kolisile.”

Kolisile, 'n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif - net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit - soos wat sy pa gevrees en voorspel het - as 'n liggaamlik én geestelik gewonde mens.

Author F.A. Venter

View full details