Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485308287 | Published: February 20, 2018 | Paperback

Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 9 Leerderboek

Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 9 Leerderboek

Regular price R 95
Regular price R 0 Sale price R 95
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Jou venster op die Lae Lande (Nederland en België) en Europa!

Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan.

Die doel van hierdie lespakket is om jou 'n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs 'n bietjie Nederlands praat.

Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit.

Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het.

Taalleer word 'n opwindende ontdekkingstog!

Author Marieta Nel

View full details