ISBN: 9781485308409 | Published: February 20, 2018 | Paperback
Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 9 Onderwysersgids
Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 9 Onderwysersgids
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Hierdie lespakket - die eerste van 'n reeks wat van graad 6 tot graad 11 strek - het dit ten doel om leerders aan die Nederlandse kultuur, taal en letterkunde bekend te stel.
Leerders vertrek vanaf 'n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe wêrelde (Nederlands en Nederland en België). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is.
Die meeste leerders sal bekend wees met die legendariese karakters wat bespreek word, en sal besef dat ons kulture baie deel, maar dat daar tog verskille is - sommige oppervlakkig; ander meer diepgaande.
KURRIKULUM-INLIGTING
Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 in kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit ander weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik spelling en woordeskatontwikkeling.
Author Marieta Nel
Share
