ISBN: 9781485308836 | Published: August 10, 2018 |
Liefdegroete, Grootseun
Liefdegroete, Grootseun
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van 'n predikant en sy gesin in 'n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton.
In Liefdegroete, Grootseun word 'n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as 'n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal 'n sterk humoristiese aanslag en gefokus op 'n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met 'n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
Author Barend Vos
Share
