ISBN: 9781485308997 | Published: July 12, 2018 |
Plunderwoestyn
Plunderwoestyn
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Bykans dertig jaar was die verteller veldwagter in Namibië. Hy het ’n obsessie gehad met die wilde, ongetemde Afrika waar ’n mens ongebonde kan lewe. Maar intussen het die wildernisse waarin hy geswerf het, begin verander. As safarigids was hy deel van hierdie verandering. Hy het wilde plekke help toeganklik maak vir mense. Saam met daardie mense het stropers gekom.
In Plunderwoestyn word vertel oor die stryd teen stropers in Namibië en is gebaseer op Christiaan Bakkes se lewe.
Plunderwoestyn is 'n stroperstorie, 'n reisgids en 'n liefdesverhaal.
OOR DIE OUTEUR
Christiaan Bakkes is die skrywer van die gewilde Stoffel-boeke. Sy vorige boek, Krokodil aan my skouer het in 2014 verskyn.
.
Author Christiaan Bakkes
Share
