ISBN: 9781485309185 | Published: January 30, 2019 | Paperback
Skokvlug
Skokvlug
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Van kleins af is Dawid Pruyt versot op vlieg. Noudat hy binnekort sestien sal wees, haal hy alles uit om sy studentevlieënierslisensie te verwerf. Hy studeer egter in die geheim, want sy streng pa is geheel en al daarteen gekant. Nietemin, vorentoe beplan hy om sy vlieënierslisensie te kry sodat hy eers by die Suid-Afrikaanse Lugmag se gewilde span Silwer Valke kan aansluit. Maar iets gebeur wat sy droom verpletter.
Sy meisie, Donna Brummer, wat self ook ʼn ernstige terugslag in haar lewe ervaar het, weet egter hoe om Dawid se situasie te hanteer. Ná ʼn vlug Kaap toe, beleef die twee saam die haglike toestande op die Kaapse Vlakte waar die gebruik van dwelms, perlemoenstropery, kaping en moord hoogty vier. Dawid moet sy onsekerhede oor sy eie toekoms laat vaar en fokus op die penarie waarin hulle hulself bevind.
Author John Coetzee
Share
