Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485309567 | Published: September 5, 2018 |

Die goeie vrou en ander mites

Die goeie vrou en ander mites

Regular price R 190
Regular price R 0 Sale price R 190
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Corlia Fourie se debuutbundel Die goeie vrou en ander mites is 'n versameling toeganklike, pretensielose verse met 'n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van 'n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld. Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.

Author Corlia Fourie

View full details