ISBN: 9781485309772 | Published: May 31, 2020 |
Die Heerser van die Ringe 03 Die Koning keer terug
Die Heerser van die Ringe 03 Die Koning keer terug
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Drie Ringe vir die elfkonings onder die hemelwerf,
sewe vir die dwerghere in klipsale gekroon,
nege vir mense, gedoem om te sterf,
een vir die Donker Heer op sy donker troon
in die land van Mordor waar die skaduwees draal.
Een Ring om oor almal te heers, een Ring om hulle te vind,
een Ring wat almal bring en in die duisternis saambind
in die land van Mordor waar die skaduwees draal.
Die Kameraadskap van die Ring raak by afsonderlike avonture betrokke soos hulle sending voortduur. Aragorn, onthul as die verborge erfgenaam van die antieke Konings van die Weste, snoer kragte saam met die Ruiters van Rohan teen die magte van Isengard, en neem deel aan die desperate oorwinning van die Horingburg. Merry en Pippin, wat deur die orke gevang is, ontsnap na Fangorn-bos en kom daar in aanraking met die ente. Gandalf keer wonder bo wonder terug en verslaan die bose towenaar, Saruman. Intussen vorder Sam en Frodo op die pad na Mordor om die ring te vernietig, vergesel deur Sméagol-Gollum, wat steeds met sy “kosbare skat” behep is. Ná 'n geveg teen die reusespinnekop, Syspin, laat Sam sy meester vir dood agter. Frodo lewe egter steeds, maar is in die hande van die orke. En intussen trek die leërmagte van die Donker Heer saam. J.R.R. Tolkien se grootse werk is al as 'n heroïese liefdesverhaal sowel as klassieke fantasiefiksie beskryf. Die verhaal is om die beurt komies en ongekunsteld, epies en diabolies; en ontvou te midde van tallose toneelveranderinge en karakters in 'n denkbeeldige wêreld wat totaal oortuigend uitgebeeld word.
Author J.R.R. Tolkien
Share
