ISBN: 9781485310457 | Published: June 30, 2019 | Paperback
Gert Garries
Gert Garries
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Gert Garries: 'n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan 'n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil 'n doodsertifikaat bekom, 'n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, 'n empatiese verkeersbeampte, ontstaan 'n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer 'n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van 'n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.
Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom 'n prutpot van emosies.
Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: 'n Baaisiekel-blues.
Author Pieter Fourie
Share
