Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485310464 | Published: July 1, 2020 | Paperback

Die vyfde mevrou Brink

Die vyfde mevrou Brink

Regular price R 265
Regular price R 0 Sale price R 265
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die vyfde mevrou Brink is Karina M. Szczurek se memoir van haar lewe voor, tydens en ná haar huwelik met André P. Brink. Die Pools gebore Karina was sewe-en-twintig toe sy dié bekroonde skrywer, twee-en-veertig jaar ouer as sy, ontmoet het en hulle daarna 'n dekade lank bymekaar was. Sy skryf oor hulle verhouding: van die eerste ontmoeting in Wene, Oostenryk, haar verhuising oor vastelande heen om by hom te wees in Kaapstad, hoe sy standvastigheid in hulle huwelik gevind het, tot hoe sy uiteindelik die uitdagings van André se kwynende gesondheid in die laaste paar jare van sy lewe moes hanteer.

Hierdie openhartige vertelling is die verhaal van twee skrywersgeeste - 'n huldeblyk aan 'n huwelik wat tragies kortgeknip is, maar ook aan 'n liefde wat 'n leeftyd sal hou.

View full details