Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485310655 | Published: October 4, 2019 | Paperback

Die slaghuis

Die slaghuis

Regular price R 215
Regular price R 0 Sale price R 215
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in ’n enkele huis in ’n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noordkaap af, met verhaalgebeure wat oor vier dekades strek. Hier woon Marietta en haar man, Karel, in 1997. Karel is ’n afgetrede oudbrigadier in die Suid-Afrikaanse polisiediens, verantwoordelik vir die dood van duisende sg. “terroriste” in die Vlakplaas-debakel. Hy weier egter om aansoek te doen vir amnestie en kruip letterlik op dié dorp weg. Dit is hier waar verteller Marietta betekenis soek en terselfdertyd sin probeer maak van die skuldlas van haar man en haar eie geheimsinnige verlede. Op die dorp is daar ’n legendariese slaghuis waar Marietta byna elke dag vleisaankope maak en waar die jong meisie Kylie se pa as slagter werk.
Kylie se verhaal word hoofsaaklik in 2017 vertel waar sy dieselfde huis huur waar Marietta en Karel in 1997 gewoon het en besig is, aan die een kant met die verwerking van haar pa se sondes en, aan die ander kant met die opvoeding van haar vet seun. Haar pa was nie net die slagter op die dorp nie, maar verantwoordelik vir die afmaaiing van ’n hele paar mense in die apartheidsera ¬– gebeure van 1977 wat mettertyd in die vorm van terugflitse vorm aanneem en aan dieselfde huis verbind word.
Die roman Die Slaghuis is van vleisbeelde aanmekaargesit. Verwysings na alles van braaivleis tot tong, viennas, potjiekos, afval en “peertjies” (lamstestikels) snoer die roman saam tot geheel en funksioneer as element waardeur spanning geleidelik opgebou word. Die roman draai beslis nie doekies om oor skuld en skuldelas van die apartheidsverlede nie en skakel dit telkens met ’n beheptheid na vleis.

“Dit is ’n verhaal met meanders en stroomversnellings, met breedvloeiende diepte en met ’n ritme waarvan ’n mens gaandeweg bewus word.” Johan Myburg

Author Cas Wepener

View full details