ISBN: 9781485311010 | Published: December 24, 2020 | Paperback
Sulke vriende is skaars
Sulke vriende is skaars
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR NIEFIKSIE 2021
Sulke vriende is skaars. Die briewe van Anton Hartman en Arnold van Wyk bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is 'n publikasie wat 'n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak. Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto's, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.
Share
