Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485311089 | Published: February 2, 2021 | Paperback

Die avonture van Kuifie 20: Kuifie in Tibet

Die avonture van Kuifie 20: Kuifie in Tibet

Author:Hergé
Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Kuifie in Tibet stort die vliegtuig waarop Kuifie se vriend Tjang is in die Himalajas neer. Daar is nie veel hoop dat enigiemand die ongeluk oorleef het nie. Kuifie droom egter dat Tjang steeds lewe en hy, Spokie en kaptein Sardijn besluit om Tjang te gaan soek. Aanvanklik sukkel hulle om gidse te kry om die tog saam met hulle aan te pak: Dit is 'n gevaarlike missie en die plaaslike mense glo dat die jeti in die omtrek is. Maar die verskriklike sneeuman bestaan mos nie werklik nie …

Author Hergé

View full details