Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485311706 | Published: March 12, 2021 | Paperback

Seisoene op parool

Seisoene op parool

Regular price R 220
Regular price R 0 Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: “Kenmerkend is die ironiese, selfs sardoniese, toon terwyl die stem se personasie in die gedigte dikwels skollieagtig is; iets wat direk verband hou met die titel se verwysing na parool: Iemand wat voorwaardelik vrygelaat is, dog streng by beheermaatreëls moet hou ten einde daardie gewaande vryheid te handhaaf en hernieude tronkstraf te voorkom. Die digter slaag om indrukwekkende wyse daarin om dié filosofiese beskouing van vryheid vs gebondenheid verteenwoordigend van die mens se algehele lewenslot te maak.”

OOR DIE OUTEUR
Hans Pienaar het naam gemaak as ʼn skrywer oor verskillende genres: Poësie, prosa, drama en ondersoekende joernalistiek, in Afrikaans en Engels. Hy het sy digbundels meestal self uitgegee en veral die eerste, Die taal van voëls, het aandag getrek. Sy roman Die Generaal het tweede prys in NB se Groot Romanwedstryd gewen en is deur hulle uitgegee. Sy boek Die derde oorlog teen Mapoch, 'n ondersoek na die staat se geheime oorloë teen die Ndebele, verower in 1992 die Rapport-prys vir nie-fiksie.

Author Hans Pienaar

View full details