Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485311805 | Published: March 4, 2021 | Paperback

Die brief vir die koning

Die brief vir die koning

Regular price R 330
Regular price R 0 Sale price R 330
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

'N JONG HELD.
'N BELANGRIKE OPDRAG.
'N ONGELOOFLIKE AVONTUUR.

Tiuri verbreek die reëls wat bepaal dat hy met niemand mag praat die nag voor hy tot 'n ridder geslaan word nie. Hy maak die deur oop van die kapel waar hy oor sy toekoms moet nadink.

Die versoek om hulp blyk 'n gevaarlike opdrag te wees. Tiuri word agtervolg deur boosaardige Rooi Ruiters wat hom wil doodmaak. Maar hy is vas van plan om die uiters belangrike brief by koning Unauwen af te lewer. Die Swart Ridder met die Wit Skild het nie verniet met sy lewe geboet nie …

'n Middeleeuse verhaal wat jou hart vinniger laat klop.
'n Boek vir jonk en oud.

OOR DIE OUTEUR
Antonia “Tonke” Johanna Willemina Dragt (geb. 12 November 1930) is 'n Nederlandse kinderboekskrywer en -illustreerder. De brief voor de Koning is in 1963 bekroon met die Nederlandse Prijs voor het Beste Kinderboek en met die Griffel der Griffels 1955-2004. In 1976 is die Staatsprijs voor Jeugdliteratuur aan Tonke Dragt toegeken. Die Nederlandse film De brief voor de Koning verskyn in 2008, en die sesdelige Netflix-reeks The Letter for the King in 2020.

Author Tonke Dragt

View full details