Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485311850 | Published: November 13, 2020 | Hardcover

Anatomicum

Anatomicum

Illustrator:Katy Wiedemann
Regular price R 450
Regular price R 0 Sale price R 450
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In Anatomicum word die werking van die menslike liggaam in die fynste besonderhede verduidelik. Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys? Hoe groei 'n mens uit een enkele sel? Wanneer jy deur hierdie museum in drukvorm blaai, sal jy die wonders van die menslike liggaam in al sy glorie te ontdek.

OOR DIE OUTEUR
Jennifer Z. Paxton is 'n dosent in Anatomie aan die Universiteit van Edinburgh. Sy doseer Anatomie aan mediese en wetenskapstudente en is ook hoofondersoeker by die Paxton Lab, 'n weefselingenieurswese-laboratorium wat toegespits is op die ontwikkeling van nuwe weefsels van die spier-skelet-stelsel vir inplanting ná 'n besering of siekte.
Katy Wiedemann is 'n illustreerder en tatooeërkunstenaar. Haar werk is 'n verkenning van die wetenskaplike illustrasiekuns, veral van die menslike en dierlike anatomie, en is geïnspireer deur die groot anatomiese illustreerders van ouds.

Anatomicum is die vierde titel in die gewilde Welkom by die museum-reeks en volg op Botanicum, Dinosourium en Planetarium.

View full details