ISBN: 9781485312079 | Published: February 8, 2021 | Paperback
Kambrokind: 'n Jeugreis
Kambrokind: 'n Jeugreis
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In Kambrokind deel F.A. Venter sy jeugherinneringe vanaf sy voorskoolse jare tot op universiteit. Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar.
Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met 'n studielening en twee pakke klere kon gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
OOR DIE OUTEUR
Francois Alwyn (Frans) Venter (1916-1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.
Author F.A. Venter
Share
