ISBN: 9781485312246 | Published: February 13, 2021 | Paperback
So rond ommie bos
So rond ommie bos
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die Born Frees, gebore ná 1994, wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer. Soe rond ommie bos is die kreatiewe voortsetting van ’n ryk tradisie protespoësie in Afrikaans. Skrywers soos Nathan Tantraal en Ronelda Kampfer het die pad vir Jephtas voorberei, maar sy slaan haar eie rigting in en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.
OOR DIE OUTEUR
Veronique Jephtas is ’n 24-jarige skrywer, aktivis, digter, spoken word kunstenaar, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 by die Universiteit Stellenbosch voltooi, waar sy in kreatiewe skryf spesialiseer het. Sy het haar debuut as dramaturg by Woordfees 2020 gemaak met Hoe change hulle. Sy was ook onlangs te sien in die Fiësta-bekroonde produksie Jakkals en Wolf Onbeperk deur Malan Steyn. Veronique is ook een van die ses skrywers wat gekies is as deelnemer aan die Jakes Gerwel-skrywersresidensie.
Author Veronique Jephtas
Share
