Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485312338 | Published: June 29, 2021 | Paperback

Die avonture van Kuifie 04: Die farao se sigare

Die avonture van Kuifie 04: Die farao se sigare

Author:Hergé
Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die farao se sigare onderneem Kuifie en Spokie 'n bootreis na die Ooste. Tydens die vaart ontmoet hulle die Egiptoloog Filemoon Sikloon. Hy nooi hulle na Kaïro om saam met hom na die graf van die farao Kih-Oskh te gaan soek. Al die vorige geleerdes wat hierdie missie aangepak het, het geheimsinnig verdwyn. Wanneer Kuifie 'n sigaar met die farao se teken op die etiket vind, wonder hy of die sleutel tot die raaisel dalk daarin opgesluit lê …

Author Hergé

View full details