Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485312642 | Published: June 1, 2021 | Paperback

Goed, beter, Betsie

Goed, beter, Betsie

Regular price R 295
Regular price R 0 Sale price R 295
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Derdepoort, Pretoria, word lewendig en humoristies verhaal. Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweë, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy.
Die verteller self spring duidelik en onweerstaanbaar uit die bladsy regop - iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie.

OOR DIE OUTEUR
Elize Redelinghuys-Labuschagne-Hull se belangstellings en beroepe is so gevarieerd soos haar vanne en sy glo hierdie afwisseling hou haar op haar tone.
As bekende binnenshuisontwerper voltooi sy wêreldwyd projekte wat varieer van ambassadeurswonings en privaathuise, tot hospitale en kantore.
Sy fokus sedert 2005 haar kreatiwiteit op produkontwerp, en saam met haar man Rodney bou en bedryf sy “Tassels & Treasures”, ʼn groothandelfirma waar sy die ontwerp, vervaardiging en bemarking van haar eie interieur- en geskenkreekse hanteer, terwyl Rodney die wiele van invoer en besigheidsbestuur laat rol. Hiervoor reis hulle wyd en gereeld, onder andere vier-en-twintig keer na Sjina en omliggende lande in die ooste. In 2016 verkoop die Hulls hul besigheid. Sedertdien leef Elize haar lewenslange passie vir reis en fotografie uit. Sy is ʼn internasionaal bekende en bekroonde wildlewefotograaf wat die wêreld deurkruis vir die perfekte skoot van bedreigde spesies in afgeleë plekke. Suid-Amerika is haar gunsteling-kontinent vir fotografie, ná haar geliefde Afrika.
Sy is ʼn gerespekteerde kultuurhistorikus en kenner van ou Transvaalse boerewonings en periode-interieurs. As entoesiastiese versamelaar en navorser van antieke Transvaalse meubels, werk sy tans aan ʼn fotoboek oor die onderwerp.

View full details