Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485313069 | Published: July 19, 2021 | Paperback

In Slavenhuis 39

In Slavenhuis 39

Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In Slavenhuis 39 is ’n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat ’n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.

In Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.

OOR DIE OUTEUR
Herschelle Benjamin is in 2018 deel van die Kunstekaap se Nuwe Stemme-program, wen die Elizabeth MacLennan Internasionale beurs vir Teater van die Universiteit van Edinburg en ’n Teksmark Skrywersbeurs. In 2019 debuteer hy met In Slavenhuis 39. Sy opdragradiodrama vir die ATKV en Tienertoneel, Drosters, word ook in 2019 op RSG uitgesaai. Hy was deel van die Jakes Gerwel Skrywersresidensie vir Jong Dramaturge onder mentorskap van Amy Jeptha.

View full details