Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485313533 | Published: May 6, 2022 | Paperback

Die tienduisend dinge

Die tienduisend dinge

Regular price R 295
Regular price R 0 Sale price R 295
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

De tienduizend dingen (1955) is Maria Dermoût se beroemdste boek en is in vyftien tale vertaal. Dit is die sintuiglike en kaleidoskopiese verhaal van Felicia, “mevrou van Kleyntjies”, wat woon op 'n oënskynlik paradyslike Molukse eiland, in 'n huis aan die binnebaai.
Die titel is ontleen aan 'n uitspraak van Ts'ên Shên: “Wanneer die 'tienduisend dinge' in hulle eenheid gesien is, keer ons terug na die begin en bly waar ons altyd was.” Hieruit blyk Dermoût se Boeddhistiese ingesteldheid: 'n sprankelende viering van die natuur en die lewe, en tegelyk 'n gelatenheid oor die verbygaan van tyd.
Die opvallendste tema in Dermoût se werk is verlies: verdriet oor die dood en die afwesigheid van geliefdes, oor geweld en wreedheid, en oor eensaamheid. Verdriet word getemper deur 'n omvattende liefde vir 'dinge': plante, skulpe, korale, golfies wat breek. Én deur berusting en aanvaarding van jou lot.

View full details