ISBN: 9781485313892 | Published: January 22, 2024 | Paperback
Een vir een
Een vir een
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Nico Scheepers is 'n jong stem wie se naam tans op almal se lippe is. Sy veel bekroonde drama Nêrens, Noord-Kaap het 'n suksesvolle kykNET-reeks geword en in 2022 skryf hy die Showmax-rillerreeks, Donkerbos. Hiervoor ontvang hy die SA Akademie se 2023 Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir 'n televisiedrama in Afrikaans.
Dié talentvolle dramaturg, regisseur en TV-skrywer is in Louis Trichardt gebore. Een vir een bevat twee van sy solostukke wat hom na aan die hart lê en afspeel in sy geboorteplek, Limpopo.
Rooivalk wen drie kykNET-Fiësta-toekennings (beste solovertoning, beste nuutgeskepte teks, beste aanbieding) asook die ATKV-Woordveertjie vir Dramateks en vertel die verhaal van 'n seun wat grootword op 'n plaas “tussen heinings wat lank voor sy geboorte al vir hom gespan is”.
Moedertaal is 'n verhaal oor woorde en wat van jou word as jy hulle verloor. Nellie kyk terug op haar lewe en vertel die verhaal van haar reis saam met haar man, Johannes, en hul seuntjie Roelf.
Author Nico Scheepers
Share
