Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485315438 | Published: February 29, 2024 |

Weerskyn

Weerskyn

Author:Alwyn Roux
Regular price R 220
Regular price R 0 Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig. Oor die dood van sy pa skryf hy die volgende:

Skielik is daar minder oor van my as vroeër
ter nagedagtenis aan my pa (1952-2020)

Skielik is daar minder oor van my as vroeër
dit vermoed ek ná my pa se dood
dat hy in lewe ook aan my behoort het
soos elke ander ding op aarde: skemer,
sterre, wolke, genade. Dat die bontrugwewer
voortdurend nuwe nessies bou
aan takke van die luiperdboom
'n sekere wanhopigheid ná die soveelste keer
uitmekaargehaal. Of die lokroep van sy lied,
omdat daar in sy bors 'n melodie verrys
waartoe die vlegwerk van sy vlyt kan vergelyk,
'n roep is ingestem tot dié wat dit hoor -
want skielik is daar minder oor van my as vroeër
dit herken ek aan sy stil vertrek die naggrens oor.

Die bundel bevat ook 'n aantal herskrywings/bewerkings van bekende digters se werk. Charl-Pierre Naudé beskryf Roux as 'n “diplomatiese stem van die rede in die moeilike en dissonante projek van transformasie in Suid-Afrika se kulturele veld”. Marni Bonthuys skryf die volgende oor sy “landskapportrette”: “Die oog van die digter is dikwels soos dié van 'n kameralens wat landskapfoto's neem […] Hierdie verse herinner aan Willem Pretorius-skilderye - realisties, nostalgies en melankolies. Ek vermoed lesers gaan daarby aanklank vind.”

Author Alwyn Roux

View full details