Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485315551 | Published: April 30, 2025 | Paperback

Max Havelaar

Max Havelaar

Author:Multatuli
Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Multatuli, een van die grootste rebelle uit die Nederlandse literatuur, het in 1860 'n roman gepubliseer wat nog steeds beskou word as die beste Nederlandse roman van alle tye. Multatuli was die skuilnaam van Eduard Douwes Dekker (1820-1887). Max Havelaar speel in 1856 op die eiland Java af, die sentrum van die destydse Nederlandse koloniale ryk. Dit gaan oor 'n bestuursamptenaar wat hom verset teen korrupsie en uitbuiting as gevolg van die koloniale sisteem in Nederlands-Indië. Dekker was self so 'n amptenaar, en sy romankarakter Max se wedervaringe weerspieël in baie opsigte sy eie.
Die boek het “'n rilling deur die land laat gaan”, en Nederlanders redekawel nog steeds oor Multatuli en die “saak-Lebak”. Geen ander Nederlandse outeur het ooit weer daarin geslaag om die gemoedere so heftig in beweging te bring nie. Al het veral politieke faktore tot hierdie ophef bygedra, is die belang van Max Havelaar te wyte aan die feit dat dit 'n meesleurende boek is.
Dit word telkens aan die leser uitgewys dat sowel in Nederland as in Nederlands-Indië twee motiewe byna alle mense se optrede bepaal: magsdrif en hebsug. Een man, Max Havelaar, verset hom daarteen, maar hy ly die nederlaag binne die koloniale bestel.

The book that killed colonialism.
- Pramoedya Ananta Toer, The New York Times Magazine (1999)

View full details