Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485315674 | Published: July 31, 2026 | Paperback

Daardie lewe: Karel Schoeman

Daardie lewe: Karel Schoeman

Regular price R 850
Regular price Sale price R 850
Out of print
VAT included.

Dispatch as soon as the book is published on

Karel Schoeman is een van die belangrikste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het, danksy die gehalte, verskeidenheid en omvang van sy oeuvre, wat verskeie literêre subgenres, geskiedskrywing en vertalings insluit.

Vir *Daardie lewe* het Ria Winters bronne geraadpleeg wat nog nie voorheen benut is nie. Schoeman het sy navorsingsnalatenskap aan talle argiewe en institute bemaak, en sy het die meeste hiervan opgespoor.

Die biografie is gebaseer op haar argiefsoektogte, koerantartikels en persoonlike korrespondensie. Sy gee ook aandag aan Schoeman se boeke en sy outobiografiese aantekeninge in *Die laaste Afrikaanse boek*. Hierdie outobiografie het egter in 2002 verskyn en het nie sy laaste 18 lewensjare ingesluit nie.

Winters se doel was om Schoeman se lewe en sy skryfwerk teen die agtergrond van die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis na te speur.

Daar is heelwat foto's, volledige eindnote en 'n bronnelys van primêre en sekondêre bronne.

Author Ria Winters

View full details