Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485315902 | Published: October 22, 2025 |

Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 2 - Guerrillaoorlog 1900-1902

Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 2 - Guerrillaoorlog 1900-1902

Regular price R 475
Regular price R 0 Sale price R 475
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Nóg tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling gekleurde foto's van een van die grootste konflikte in Suid-Afrika. Soos in die eerste volume bied die foto's nie net 'n visuele beeld van hierdie tydperk nie, maar gee dit ook 'n oorsig oor die werklikheid en hartseer van diè oorlog.
Hierdie volume dek die guerrillaoorlogvoering vanaf 1900 tot 1902 en wys Boeremagte in die veld, Kaapse invalle, treinvernielers en teregstellings, terwyl Britse magte uitgebeeld word in treffende foto's wat die kamplewe, artillerie, blokhuise en pantsertreine wys. Hartroerende foto's beeld die tragedie van die verskroeideaardebeleid uit, veral in die konsentrasiekampe. Die doen en late van Boerekrygsgevangenes in oorsese kampe word insiggewend weergegee waarna die vredesproses en interessanthede oor die nasleep van die oorlog uitgelig word. Lesers sal talle ikoniese foto's herken asook verskeie beelde sien wat nog nooit gepubliseer is nie. Hierdie boekreeks, die eerste van sy soort in Suid-Afrika, bring 'n vars perspektief en omskep die oorlog in'n lewende geskiedenis.

Author Tinus le Roux

View full details