ISBN: 9781485315933 | Published: December 24, 2024 | Paperback , Non-Fiction
Antjie Krog: 'n Ondersoekte lewe
Antjie Krog: 'n Ondersoekte lewe
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Antjie Krog is ’n (ook internasionaal) bekroonde digter, joernalis, vertaler en akademikus. Sy debuteer op die jong ouderdom van 18 met die bundel Dogter van Jefta (1970) waarna talle bekroonde digbundels en publikasies volg. As joernalis by Die Suid-Afrikaan lewer sy in die 1990’s verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie en verwoord haar ervarings oor dié proses in Country of my skull, wat in 1998 gepubliseer is en onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. Sy vertaal ook Nelson Mandela se biografie, Long walk to freedom, in Afrikaans as Lang pad na vryheid.
Sy wen drie keer die gesogte Hertzogprys – vir Lady Anne (1990), Mede-wete (2017), asook vir haar jongste poësiebundel, Plunder, in 2023. Mees onlangs het sy die Tienie Holloway-medalje van die SA Akademie ontvang vir Vetplantfeetjies, saam met medewerkers Fiona Moodey en Ingrid de Kock, vir haar kinderdigbundel oor die natuur en inheemse plantegroei.
Hierdie huldigingsbundel is die 16de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.
Author Louise Viljoen (Redakteur)
Author Hertzogpryswenners
Share
