Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485900832 | Published: March 4, 2022 | Hardcover

My Stasie Straat Kombuis

My Stasie Straat Kombuis

Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree, en sy huis as 'n kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee gebruik. Die boek, My Stasie Straat Kombuis, is 'n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Die boek bevat amper 100 resepte wat Sjef Mynhardt se eklektiese smaak weerspieël, van die eenvoudige tot die eksotiese, van ware Suid-Afrikaanse juwele tot geregte wat deur die Mediterreense streek, Oos-Europa en Asië beïnvloed is.
Mynhardt geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservaringe, van sy kinderjare op 'n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in die buiteland en oor Suid-Afrika heen. Sluit by hom aan in die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep jou eie kulinêre lekkernye, berei met joie de vivre en armsvol liefde.

Inhoud: Inleiding; Mengeldrankies & Canapés; Brood & Botter; Slaaisouse, Emulsies & Mayonnaise; Slaaie, Sop & Voorgeregte; Hoofgeregte; Nageregte; Indeks

View full details