ISBN: 9781485900894 | Published: November 12, 2021 | Paperback
Huiskos
Huiskos
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
HUISKOS is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefi ksieboek. HUISKOS vertel - in sy eie woorde - die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika. HUISKOS bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifl e, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy in van Pretoria tot Pofadder kan kry. HUISKOS is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.
Author Herman Lensing
Share
