Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485901259 | Published: September 19, 2022 | Paperback

Low Carb is Lekker Drie

Low Carb is Lekker Drie

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het. Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie. Omdat sy op 'n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van 'n voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos. Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Die topverkoper Low Carb is Lekker (2015), het altesaam meer as 87 000 Engelse en Afrikaanse eksemplare reeds verkoop, en Low Carb is Lekker Twee (2020), het reeds altesaam 20 000 eksemplare verkoop. Alle resepte is gemerk as Laekoolhidraat, Slim koolhidraat of Skoon Keto sodat lesers hul eie maaltydplanne kan pasmaak. Die boek bevat diepgaande inleiding wat die beginsels onderliggend aan die eet van laekoolhidraatvoedsel verduidelik, waaronder die voedingsverhouding tussen koolhidrate, proteïene en vette, en die rol van 'funksionele' koolhidrate in 'n gebalanseerde dieet. Meer as 115 resepte vir ligte etes en gesinsmaaltye, southappies, soethappies, brood, koek en ander gebak, en 'n verskeidenheid slaaisouse, souse en doopsouse wat die voedingswaarde van enige maaltyd 'n hupstoot sal gee!

Author Ine Reynierse

View full details