Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485903086 | Published: August 1, 2016 |

Doodskoot

Doodskoot

Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Dit gaan nag raak in die Swartland...

Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die land platloop. Daar is 'n aand, 'n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie.

Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, 'n ryk sakeman, om in gietende reën sy motor se gebarste band om te ruil.

Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie - sy tyd daar begin meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin 'n dodelike jong vrou se kop vol planne op 'n vreeslike einde kan afstuur.

Doodskoot is 'n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie deur 'n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.

View full details