Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485903314 | Published: April 7, 2021 | Paperback

Dinge van 'n hond

Dinge van 'n hond

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ʼn Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ʼn manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie.
Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.

Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ʼn erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. 'n Alleenloper. 'n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ʼn bestaan moet maak.

Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van 'n hond is 'n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat 'n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Author S.P Benjamin

View full details