Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485903550 | Published: February 19, 2018 |

Katelknaap

Katelknaap

Regular price R 290
Regular price R 0 Sale price R 290
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, 'n engel van plesier, 'n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser 'n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, 'n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná 'n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur 'n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.

View full details