ISBN: 9781485904007 | Published: February 2, 2021 | Paperback
Diep Spoor
Diep Spoor
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in 'n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.
Katrien is 'n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle 'n lewe op 'n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.
Dina, 'n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans 'n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.
Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring.
Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.
Author Jeanette Stals
Share
