Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485904717 | Published: April 8, 2022 | Paperback

Om beter te kan moor

Om beter te kan moor

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie is die finale boek in die drieluik oor die Francke-reeksmoordenaars en volg op ADDER en BRANDMERK.

Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar 'n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van 'n seun 'n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?
Wanneer die lyk van 'n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar
moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met 'n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar? Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ʼn vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?
Tussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies
haar kriewelrig maak nie.

Die boek speel met die idee van “evil twins”. David Francke het ʼn halfbroer wat baie soos hy lyk. En wat dalk dieselfde obsessies as hy het ...

View full details