Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485904786 | Published: August 10, 2021 | Paperback

Moord op Lake Panic

Moord op Lake Panic

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

’n Who-dunnit wat naelbytspanning belowe. ’n Handvol sjefs by ’n meesterklas in die boendoes. ’n Vrou se lyk in die meer. ’n Privaat speurder wat moet sê: Wie het sy mes in vir wie? Lake Panic is die perfekte plek vir ’n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ’n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ’n man met ’n verlede. Beer het sy hande vol met: Sophia da Silva, ’n eks-sepiester wat ’n comeback met haar eie kaal kookboek beplan, Otto en Lily Clement, ’n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red, Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen, Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat. Wie het ’n moord opgedis? En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?

View full details