ISBN: 9781770028586 | Published: January 1, 2012 |
Piekfyn Afrikaans HT Graad 11 Leerderboek
Piekfyn Afrikaans HT Graad 11 Leerderboek
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporêre leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei.
Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop,
die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook vir begrip en pure genot
interessante tekste lees
in verskillende sosiale situasies kommunikeer
verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik
vlot en ekspressief praat en toesprake lewer
noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik
heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf.
Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk.
Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! 'Mandelarylaan se stories' is 'n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure.
Author BEST BOOKS
Share
