Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781770224186 | Published: November 1, 2012 |

Kapabel

Kapabel

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

In die oomblik voor hy homself om die lewe bring, hersien Desmond die pad wat kon lei tot hier. Om homself en sy lot te verander moes Danie Fourie meer doen as ontsnap uit 'n tronk. Hy moes uitstyg en Desmond Faure word, homself herskep ver weg van Krugersdorp. Hy moes sy siel verkoop, iemand ompraat, sy verlede verbloem, sy geluk maak swaai soos Pretty Woman. Hy moes 'n ander kitaar leer laan.

'Country song for ever lost its soul, when the guitar player turned to rock 'n roll ...' Maar in die donker kantlyn van menslike gedrag val gewone reëls gou weg. Dit kos 'n kenner om deur die mooi afwerking te sien. Probleem is, soveel sonde laat homself nie sommerso afskud nie. En Desmond weet hy is steeds Danie, maak nie saak wat nie. Almal aanvaar sy nuwe persona. Almal hou van hom. Hy raak selfs verlief.
Toe ontplof alles.

Author Steve Hofmeyr

View full details