ISBN: 9781770228818 | Published: July 1, 2015 |
Ver in die wêreld sushi
Ver in die wêreld sushi
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In sy jongste rubriekeversameling kom 'n verskeidenheid onderwerpe onder die soeklig, soos die stommiteite van politici, die irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego's van plaaslike musikante, en die wanstaltigheid van amptenare wat die banaalste vorme van burokrasie in stand hou. Maar Kombuis presteer nie net as satiriese kommentator nie. Sy ode aan sy oorlede moeder en die nostalgiese herinneringe aan sy kinderdae sal lesers diep ontroer. Bowenal verteenwoordig Kombuis se kritiese stem daardie Afrikaners wat hulleself beskou as trotse burgers van die globale dorpie - hulle wat susji kan geniet sonder om 'n gesigspier te vertrek!
Ver in die wêreld, sushi! is 'n keur uit die rubrieke wat tussen 2005 en 2015 verskyn het in publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot en op LitNet en Netwerk24. Kombuis bewonderaars kan nie genoeg kry van die skrywer se sonderlinge humor, verhelderende insigte, kompromislose eerlikheid en meevoerende styl nie.
Author Koos Kombuis
Share
