Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776056507 | Published: December 22, 2020 | Paperback

Heelword

Heelword

Author:Tania Smit
Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die eerlike manier waarop Tania in haar skrywes met haar eie, maar ook alle mense se gereelde en diepste emosies omgaan, het 'n belangrike aar in lesers se gevoelslewens raakgeboor.
Heelword is die tweede bundel uit die pen en lewe van die Oudtshoorn skrywer, Tania Smit. Haar eerste bundel, Hekelwoorde van My Hart, het in die bestek van twee jaar tot duisende boekverkope en volgelinge op sosiale media gelei, en is deur The South African Independent Publisher's Awards aangewys as die mees inspirerende bundel van 2019.
Van haar kortverhale en gedigte is ook tydens die KKNK van 2019 deur die geliefde wyle Paul Eilers voorgelees.
Oor die Outeur:
Tania Smit woon in Oudtshoorn saam met haar twee tienerkinders, Julia en Adrian. Sy skryf oor die voel van haar eie lewe as reënboogkind, single dating in haar veertigs, haar vrese en oorwinnings, om gevat en gelos te wees, genoeg en te min te wees, oor wyn en vure en kos en reis en ma-wees en menswees. Sy is 'n dromer maar ook 'n realis. Die woorde in hierdie bundel is haar storie, maar ook almal se storie

Author Tania Smit

View full details