Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776056873 | Published: December 23, 2020 | Paperback

XOV Kruisondervraging

XOV Kruisondervraging

Regular price R 79
Regular price R 300 Sale price R 79
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Dame Justitia, die eens mooie beeld van geregtigheid, frons. Haar swaard, weegskaal en blinddoek het hul impak en funksie verloor. Die swaard het stadig en stomp geword. Die weegskaal kantel weg van ewewigtigheid. Die blinddoek wat onpartydigheid moet illustreer, lyk soos 'n covid-19-masker wat ongemaklik geskuif het. Sy voel, kennelik, skaam.

Drie advokate word geskiet. Hoe effektief is ons hofprosesstelsel om geregtigheid te laat geskied? Ons leef in ʼn vreemde tyd in Suid-Afrika. Effektiewe onomkoopbare polisiemanne word afgemaai. Regters baklei onderling. Sommige advokate en prokureurs speel ʼn vreemde spel. Geskilbeslegting het sleg geword. Wat gebeur wanneer ʼn gefrustreerde publiek verby die oorkookpunt gedruk word? Herbert Raubenheimer is ʼn senior advokaat en lid van die Kaapse balie. Hy was aanklaer, prokureur en advokaat vir ʼn paar dekades. Hy het in drie afdelings van die Hooggeregshof waargeneem as regter.

View full details