ISBN: 9781776072095 | Published: January 15, 2020 | Paperback
Gee Afrikaans 'n kishou in die eksamen Graad 12 Huistaal
Gee Afrikaans 'n kishou in die eksamen Graad 12 Huistaal
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende Huistaal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Die eksamenoefenboek is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring en die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.
bevat taaloefeninge wat teoretiese kennis oefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.
bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.
sluit vier konsepvraestelle vir Vraestelle 1 en 3 in.
bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.
is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
Author Martlie Jordaan
Author Best Books Eksamenhulp
Share
