Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776091652 | Published: January 1, 2017 |

Die Banting-sakgids

Die Banting-sakgids

Author:Tim Noakes
Regular price R 190
Regular price R 0 Sale price R 190
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die Banting-oplossing, in samewerking met die Noakes-stigting en die 'Eet Beter, Suid-Afrika!' - inisiatief, is nou beskikbaar in 'n gebruikersvriendelike sakpas-formaat!

Danksy lesers se versoeke vir méér basiese resepte en 'n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing nou beskikbaar in 'n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids bevat 'n hoofstuk deur Banting se mees passievolle en gerespekteerde ondersteuner, prof. Tim Noakes; verskaf antwoorde op jou dringendste vrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; help jou om uitstekende maaltydplanne saam te stel; bevat Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal 'n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie meer.

Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!

View full details