Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776092383 | Published: June 4, 2018 |

Rand en Sent

Rand en Sent

Regular price R 230
Regular price R 0 Sale price R 230
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG- program, is 'n onontbeerlike gids vir die man op straat tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings word op 'n toeganklike manier beskikbaar gestel aan lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van adviseurs of konsultante het nie.
Raad word verskaf oor hoe om 'n begroting behoorlik op te stel - en te laat klop. Suid-Afrikaners wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit die spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat 'n mens oor eiendombeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat 'n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys.

Hierdie boek is noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat verantwoordelikheid vir hul geldsake wil neem.

Author Suzaan Steyn

View full details